Original Research
Coping-strategieë, stres en selfmoord-denkbeeldvorming in die Suid-Afrikaanse polisiediens in die Vrystaat
Submitted: 26 October 2004 | Published: 26 October 2004
About the author(s)
A. S. Van Der Merwe, Noordwes-Universiteit, South AfricaS. Rothmann, Noordwes-Universiteit, South Africa
J. Pienaar, Noordwes-Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (146KB)Abstract
Opsomming
Die algemene doelstelling van hierdie navorsing was om die verband tussen coping-strategieë, stres en selfmoord- denkbeeldvorming binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Vrystaat te ondersoek. ’n Dwarsdeursneeopnameontwerp is gebruik. ’n Ewekansige, gestratifiseerde steekproef (N = 333) is van polisiebeamptes in die Vrystaat geneem. Die Selfmoord denkbeeldvormingsvraelys, Polisiestres-inventaris en COPE-vraelys is aangewend. Die resultate van die studie het aangetoon dat die volgende faktore met selfmoord denkbeeldvorming verband hou: passiewe coping, probleemgerigte coping, vorige selfmoordpogings, mediese toestand, gebruik van alkohol en polisiespesifieke stressors. Die diskriminantontleding het verder aangedui dat bogenoemde veranderlikes 77,55% van die deelnemers met ’n hoë telling ten opsigte van selfmoord denkbeeldvorming korrek geklassifiseer het.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4337Total article views: 5346
Crossref Citations
1. Stress and coping of police officers in the South African Police Service
Ariami Wassermann, Deon Meiring, Jurgen Renier Becker
South African Journal of Psychology vol: 49 issue: 1 first page: 97 year: 2019
doi: 10.1177/0081246318763059