Original Research
Konstruksie en evaluering van 'n gerekenariseerde konsepverwerwingstoets
Submitted: 26 October 2004 | Published: 26 October 2004
About the author(s)
V. E. Carstens, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaJ. M. Schepers, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (337KB)Abstract
Opsomming
Die hoofdoelstellings van die studie was die rekenarisering van die Konsepverwerwingstoets van Schepers (1971) en die bepaling van die geldigheid en betroubaarheid daarvan. Die gerekenariseerde Konsepverwerwingstoets (KVT) is op 185 voorgraadse studente in Informatika en Rekenaarwetenskap toegepas. Vir vergelykingsdoeleindes is die oorspronklike KVT op 205 eerstejaarwiskundestudente toegepas. Vir geldigheidsdoeleindes is die semesteren eksamenspunte van Informatika II en III asook Rekenaarwetenskap II en III gebruik. Wat Informatika II betref het al die tellings van die KVT negatief met die tweede semester semesterpunte gekorreleer. Nie een van die korrelasies met die eksamenpunte was statisties beduidend nie. Geen statisties beduidende korrelasies is ten opsigte van Informatika III gevind nie. Vir Rekenaarwetenskap II het “getal korrek�? (Vorm A) positief gekorreleer met al die semesterpunte en eksamenpunte. Geen statisties beduidende korrelasies is ten opsigte van Rekenaarwetenskap III gevind nie.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3871Total article views: 3537