Original Research
Psigologiese kragte en die effektiwiteit van werkspanne in 'n chemiese nywerheid
Submitted: 26 October 2004 | Published: 26 October 2004
About the author(s)
J. H. Buitendach, North-West University, South AfricaM. W. Stander, North-West University, South Africa
Full Text:
PDF (155KB)Abstract
Opsomming
Die doelstelling van hierdie studie was om die moontlike verband tussen spaneffektiwiteit, soos gemeet deur werkstevredenheid en vertroue aan die een kant, en psigologiese kragte soos gemeet deur koherensiesin, selfdoeltreffendheid en lokus van beheer aan die ander kant, te bepaal. Die Minnesota Werksteveredenheidvraelys, die Interpersoonlike Vertrouevraelys, Lewensoriëntasievraelys, die Selfdoeltreffendheidsvraelys en Lokus van Beheervraelys is in ’n organisasie binne ’n chemiese nywerheid op 66 lede van werkspanne afgeneem. Die empiriese ondersoek is in ’n organisasie binne ’n chemiese nywerheid op 66 lede van werkspanne gedoen. Daar is van ’n beskikbaarheidsteekproef gebruik gemaak. Daar is gevind dat daar ’n prakties betekenisvolle verband tussen werkstevredenheid en selfdoeltreffendheid van lede van die werkspanne bestaan. ’n Matige verband is ook tussen ’n eksterne lokus van beheer en interpersoonlike vertroue van lede van die werkspanne gevind.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3278Total article views: 3933