Original Research
Die ontwikkeling en evaluering van ’n entrepreneurskaporiëntasie-vraelys
Submitted: 26 October 2004 | Published: 26 October 2004
About the author(s)
C. Venter, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaF. Crous, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
J. M. Schepers, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (217KB)Abstract
Opsomming
Die hoofdoel van die studie was om ’n meetinstrument, gebaseer op ’n kontekstuele teorie van entrepreneurskap, te konstrueer vir die meting van entrepreneurskaporiëntasie. ’n Sekondêre doel van die studie was om vas te stel of daar ’n verband tussen entrepreneurskaporiëntasie en psigiesevloei bestaan. ’n Aangepaste Psigiesevloei-vraelys is gebruik om respondente se ervaring van aktiwiteite in hul daaglikse lewe te meet. Die vraelyste is op 276 respondente toegepas wat enersyds uit ’n groep studente wat entrepreneurskapstudies onderneem, bestaan en andersyds uit ’n groep studente wat nie entrepreneurskapstudies onderneem nie. Albei instrumente is aan faktor- en itemontleding onderwerp. Uit die studie blyk dit dat entrepreneursstudente en nie-entrepreneursstudente statisties beduidend van mekaar verskil ten opsigte van entrepreneurskaporiëntasie. ’n Statisties beduidende positiewe verband is verkry tussen entrepreneurskaporiëntasie en psigiesevloei. Die implikasies van die bevindinge word bespreek.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4135Total article views: 4279