Original Research
The construction of a normative scale of locus of control
Submitted: 29 October 2005 | Published: 29 October 2005
About the author(s)
Johann M. Schepers, University of Johannesburg, South AfricaFull Text:
PDF (166KB)Abstract
Opsomming
Die hoofdoel van die studie was die konstruksie van ’n normatiewe skaal van lokus van beheer vir gebruik met studente en volwassenes. ’n Newe-doelwit van die studie was om die persoonlikheids-, belangstellings- en kognitiewe korrelate van lokus van beheer te bepaal. Konseptueel is die instrument op attribusieteorie en sosiale-leerteorie gebaseer. Die eerste-uitgawe van die Lokus van Beheervraelys (LvB) is op 356 eerstejaaruniversiteitstudente toegepas gedurende 1994. ’n Faktorontleding van die 65 items van die vraelys is gedoen en het drie faktore opgelewer. Die faktore is as Outonomie, Interne Beheer en Eksterne Beheer geïnterpreteer. Voorts is drie skale wat ooreenstem met die drie faktore, gekonstrueer en het betroubaarhede van 0,80; 0,77 en 0,81, onderskeidelik, opgelewer. Vervolgens is die kognitiewe, belangstellings- en persoonlikheidskorrelate van die LvB bepaal. Die implikasies van die bevindinge word bespreek.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4754Total article views: 12758