Original Research
Personality correlates of Managerial talent: Cross cultural comparison
Submitted: 29 November 1983 | Published: 29 November 1983
About the author(s)
A. D. de Bod, South African Transport Services, South AfricaL. W. Slavinski, Canada Ottawa, Canada
Full Text:
PDF (1MB)Abstract
Opsomming
Ten spyte van die wêreldwye gebruik van die bestuursbeoordelingsentrum (AC) is daar tot dusver weinig kruiskulturele navorsing hieroor gedoen. 'n Verdere verwaarloosde area van AC-navorsing, is die bestudering van persoonlikheid. Hierdie studie ondersoek die verwantskap tussen bestuursdimensies en persoonlikheidsattribute van 'n groep Kanadese (N = 1199) en 'n groep Suid-Afrikaanse (N = 177) middelvlakbestuurders. Die eerste stap was om die meetinstrumente wat gebruik is te toets en die twee groepe te vergelyk. Die ingesamelde data vir beide groepe is aan 'n korrelatiewe en diskriminant-funksie ontleding onderwerp. Die ontledings is gebruik om (a) die persoonlikheidskorrelate van bestuurstalent te omlyn en (b) breë tendense bloot te lê ten opsigte van die relatiewe invloed van kultuur op die verwantskap tussen persoonlikheid en bestuurstalent.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3514Total article views: 2928