Original Research
Die meting van die invloed van organisasiegrootte op bruin werkers se houdings en gedrag
Submitted: 29 November 1985 | Published: 29 November 1985
About the author(s)
R. van der Bank, Universiteit van Wes-Kaapland, South AfricaFull Text:
PDF (290KB)Abstract
Opsomming
'n Oorsig van die literatuur dui daarop dat bevindinge onkonsekwent is wat betref die invloed van die grootte van organisasies op veranderlikes soos die doeltreffendheid van personeel-keuringstelsels, opleiding, arbeidsomset, werkafwesigheid, werkdoeltreffendheid en so meer. In Wes-Kaapland is tien "groot" fabrieke geselekteer (aantal bruin werkers 300 of meer) en vergelyk met 17 "klein" fabrieke (aantal bruin werkers minder as 50). Met behulp van t-toetse is statisties beduidende verskille gevind ten opsigte van die volgende veranderlikes waarvolgens groot organisasies meer gunstig vertoon: 1) meer keuringstegnieke word gebruik; 2) die doeltreffendheid van die keurings-programme is hoër; 3) meer opleidingstegnieke word gebruik; 4) opleidingsprogramme is meer doeltreffend; 5) werkers is meer tevrede; 6) werkers se gemiddelde beroepsaanpassing is beter, en 7) werkers is meer tevrede met hul salarisse of lone. Geen betekenisvolle verskille is egter gevind ten opsigte van arbeidsomset, werkafwesigheid en werkbehoeftes nie.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3335Total article views: 2456