Original Research
Spesialisasie binne die bedryfsielkunde
Submitted: 29 November 1985 | Published: 29 November 1985
About the author(s)
I. van W Raubenheimer, Ranse Afrikaanse Universiteit, South AfricaFull Text:
PDF (158KB)Abstract
Opsomming
Personeelkeuring setel gewoonlik by die personeelsiel-kundige/ personeelpraktisyn wat vir die voorsiening van menslike hulpbronne verantwoordelik is. Keuringsmodelle en –tegnologie is in 'n hoë mate verfyn en vakkundig verantwoordbaar. Ten opsigte van die identifisering van kritieke attribute op grond waarvan keuring plaasvind, word daar in die studie betoog dat daar aanvullend tot werkontleding ook op die kennis en insig wat in ander vertakkinge van die Bedryfsielkunde gegenereer word, gesteun moet word. In besonder word daar in die studie (N=25) aangetoon dat 'n onderskeid tussen hoë en lae werkprestasie-operateurs, gemoeid met 'n waaksaamheidstaak, op grond van seinbespeuringsteorie gemaak kan word. Uit die resultate van die studie (t-toets vir gemiddeldes) blyk dit dat keuring in die betrokke situasie op diskriminasievermoë en nie op responsievooroordeel nie, afgestem behoort te word en dat die taak, voortspruitend uit seinbespeuringsteorie wat vir die studie ontwerp was, as keuringsinstrument gebruik kan word.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3435Total article views: 2462