Original Research
Die kognitiewe, persoonlikheids- en belangstellingsprofiele van homogene klasse, gevorm aan die hand van die jung-persoonlikheidsvraelys
Submitted: 20 June 1991 | Published: 20 June 1991
About the author(s)
C. A. Carstens, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaJ. M. Schepers, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (6MB)Abstract
Opsomming
Die hoofdoel van die studie was om die teorie van Jung te gebruik ten einde vas te stel of persone in natuurlike klasse ingedeel kan word aan die hand van die vier bipolere persoonlikheidsdimensies van die Jung- persoonlikheidsvraelys (JPV), naamlik introversie- ekstraversie, gevoel-denke, intuisie-waarneming en persepsiebeoordeling. Deur middel van bondelontleding is vyf bondels verkry en met behulp van meerveranderlike variansieontleding is vasgestel dat die bondels statistics beduidend van mekaar verskil ten opsigte van die vektore van gemiddeldes van die Senior Aanlegtoets (SAT), die Sestien-persoonlikheidsfaktorvraelys (16-PF), en die Negentienveld-belangstellingsvraelys (19-VBV). Die verskille tussen bondels ten opsigte van die bogemelde tellings, is deur middel van eenrigting-variansieontleding ondersoek en statistics beduidende resultate is verkry.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4112Total article views: 3609