Original Research
Die ontwikkeling van die bestuursmotiveringsvraelys (BMV)
Submitted: 20 June 1991 | Published: 20 June 1991
About the author(s)
A. S. Engelbrecht, Universiteit van Stellenbosch, South AfricaFull Text:
PDF (5MB)Abstract
Opsomming
In die literatuur word verskeie punte van kritiek teen die psigometriese geskiktheid van bestaande meetinstrumente van bestuursmotivering gerapporteer. Die doelstelling van hierdie studie was dus om aan die hand van die konseptuele omiyning van bestuursmotivering, en die rolmotiveringsteorie as algemene verwysingsraamwerk, 'n nuwe psigometries aanvaarbare meetinstrument, die Bestuursmotiveringsvraelys (BMV), te ontwikkel. Op grond van sosiale wenslikheids- en semantiese beoordeling, itemontleding en faktorontleding van die voorlopige BMV is die vraelys stelselmatig verkort en verfyn totdat die finale BMV van 98 items saamgestel is. Die resultate dui daarop dat hierdie studie wel daarin geslaag het om 'n finale BMV te ontwikkel wat relatief vry van sosiale wenslikheid is, bevredigende interne konsekwentheid op twee steekproewe (a = 0,90, N = 360; a = 0,91, N = 535) gedemonstreer het, en waarvan die items in die subskale almal relatief suiwer metings van die geisoleerde faktore is. Alhoewel sekere bewyse ter ondersteuning van die betroubaarheid van die BMV gevind is, bestaan daar nog 'n behoefte aan verdere navorsing oor die konstrukgeldigheid van bestuursmotivering.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3864Total article views: 3043