Original Research
Onderskeiding tussen beroepsrealistiese en -onrealistiese adolessente met behulp van die waardeskaal
Submitted: 20 June 1995 | Published: 20 June 1995
About the author(s)
R. E. Zeier, Universiteit van Stellenbosch, South AfricaH. J. Brand, Universiteit van Stellenbosch, South Africa
Full Text:
PDF (4MB)Abstract
Opsomming
Die bruikbaarheid van die Waardeskaal vir die onderskeiding tussen beroepsrealistiese en beroepsonrealistiese adolessente is ondersoek deur 'n groep st. 10-leerlinge uit 'n spesifieke hoerskool in die Kaapse Skiereiland by die ondersoek te betrek. 'n Evaluering met betrekking tot realisme van verklaarde loopbaankeuse is deur drie voorligtingsielkundiges gemaak op grond van ooreenstemming tussen verklaarde beroepskeuse, belangstellings, akademiese prestasie, verstandstoetstellings en kursusvoorvereistes. Beduidende verskille met betrekking tot werkwaardes is tussen die groepe met behulp van diskriminant-analise gei'dentifiseer. Die waardevoorkeure van die beroepsrealistiese groep was meer homogeen van aard en kon globaal as intrinsieke waardevoorkeure beskryf word, terwyl die beroepsonrealistiese groep meer gedifferensieerde waardevoorkeurpatrone geopenbaar het.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3722Total article views: 3906