Original Research
The applicability of fair selection models in the South African context
Submitted: 20 June 1995 | Published: 20 June 1995
About the author(s)
G. K. Huysamen, The University of the Orange Free State, South AfricaFull Text:
PDF (5MB)Abstract
Opsomming
Hierdie artikel verskaf 'n oorsig van verskeie modelle om billike keuring te verkry in situasies waar onderverteen-woordigende groepe geneig is om swakker op keuringstoetse te vaar. Terwyl voorspellingsydigheid 'n statistiese begrip is wat betrekking het op stelselmatige foute in die voorspelling van individue se kriteriumtellings, het keuringsbillikheid te make met die mate waarin keuringsresultate aan sekere sosiaal-politieke vereistes voldoen. Die regressieen gelyke-risiko-modelle maak aanpassings vir verskille in die kriterium-op-toetsregressielyne van verskillende groepe. Die konstante-verhoudings, voorwaardelike-waarskynlikheids- en gelyke-waarskynlikheidsmodelle manipuleer die toetsafkappunte van verskillende groepe sodat sekere verhoudings wat tussen keuringsresultate (korrekte aanvaardings, verkeerde aanvaardings, korrekte verwerpings, verkeerde verwerpings) gevorm word, vir verskillende groepe dieselfde is. Die besluitnemingsbenadering vereis dat nutwaardes geheg word aan die verskillende gebeurlikhede by verskillende groepe. Nie alleen is hierdie prosedures by uitnemendheid geskik om oproepe tot regstellende aksie te akkommodeer nie, maar hulle voldoen ook aan die eis van deursigtigheid.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3663Total article views: 3025