Original Research
Fasiliteerderopleiding
Submitted: 20 June 1995 | Published: 20 June 1995
About the author(s)
F. Cilliers, Universiteit van Suid-Afrika, South AfricaFull Text:
PDF (4MB)Abstract
Opsomming
Sedert die laaste besoek van Carl Rogers en Ruth Sanford aan Suid-Afrika in 1986, het verskeie organisasies in die land met entoesiasme begin om fasiliteerders op te lei as veranderingsagente vir die post-apartheid Suid- Afrika. Ongelukkig het hierdie opieiding nooit werklik momentum bereik nie as gevolg van (onder andere) die misverstand oor die aard van die proses en vaardighede van fasilitering. Hierdie navorsing kan beskou word as 'n voortsetting van Rogers en Sanford se werk in 'n poging om fasilitering aan bestuur te verduidelik, om fasiliteerders op te lei in die veld van kruiskulturele kommunikasie binne Suid-Afrikaanse organisasies en om hierdie opieiding te evalueer. Fasilitering word vanuit die persoonsgesentreerde benadering gekonseptualiseer, en geoperasionaliseer deur gebruik te maak van verskillende opieidingsmodelle uit die menslikepotensiaal-beweging. 'n Fasiliteringsopleidingsmodel en 'n ervaringsleerwerkswinkel is saamgestel. Vyftig personeel- en opieidingsbeamptes het die werkswinkel bygewoon. Die evalueringsbattery het bestaan uit die Carkhuffskale, die Persoonlikeorientasievraelys en die Selfaktualiseringskenmerkevraelys. Die verskil tussen 'n pre- en post-meting dui op 'n statisties beduidende ontwikkeling van die interpersoonlike vaardighede van fasilitering naamlik respek, empatie, egtheid en konkreetheid; asook ten opsigte van die intrapersoonlike kenmerke van bewustheid, emosionele volwassenheid en interne lokus van kontrole. Versnelde opieiding van fasiliteerders in Suid-Afrika word aanbeveel.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3376Total article views: 3070