Original Research
Fisieke aktiwiteit en uitbranding se verband met die gesondheidstatus van vroulike bestuurslui
Submitted: 23 October 2002 | Published: 23 October 2002
About the author(s)
L. I. Dreyer,E. C. le Roux,
J. M. Loots,
G. L. Strydom,
Full Text:
PDF (155KB)Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie was eerstens om die verband tussen uitbranding en gesondheidstatus by ‘n groep vroulike bestuurslui te bestudeer. Tweedens is ondersoek of deelname aan fisieke aktiwiteit enige invloed het op die moontlike uitbrandings-gesondheidstatus-verwantskap. Die proefpersone was 278 vroulike bestuurslui. Uitbranding toon ‘n direkte en statisties betekenisvolle (p(0.05) verband met gesondheidstatus. Hoe laer die uitbrandingspunt, hoe beter was die gesondheidstatus van die respondente. Uitbranding toon verder in die tweerigtingvariansie-analise onafhanklik van deelname aan fisieke aktiwiteit ‘n statisties betekenisvolle (p(0.05) verband met gesondheidstatus. In kontras hiermee het fisieke aktiwiteit by al drie die uitbrandingsgroepe geen verband met gesondheidstatus vertoon nie.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4302Total article views: 5182