Original Research
A comparative analysis of consumer awareness in South Africa during 1992 and 1994: Implications for the reconstruction and development programme (r.d.p.)
Submitted: 23 June 1996 | Published: 23 June 1996
About the author(s)
G. G. Rousseau, University of Port Elizabeth, South AfricaD. J. L. Venter, University of Port Elizabeth, South Africa
Full Text:
PDF (4MB)Abstract
Opsomming
Hierdie artikel beskryf die meting en vergelyking van verskillende vlakke van verbruikersbewustheid in 'n empiriese studie uitgevoer in Suid-Afrika gedurende 1994. Die rol van verskeie demografiese faktore op die konstruk word ondersoek, die resultate vergelyk met die van 'n vorige studie en die implikasies daarvan ontleed in terme van die Heropbou en Ontwikkelingsprogam (HOP) deur die Regering van Nasionale Eenheid ingestel. Bevindinge bevestig die betroubaarheid van die instrument om die vyf faktore van verbruikersbewustheid soos geidentifiseer in vorige studies, te meet. Verskeie vlakke van verbruikersbewustheid het na vore getree uit die steekproef. Hierdie verskille kan toegeskryf word aan demografiese faktore soos huishouding grootte, inkome, opvoedingspeil en woongebied. Bevindinge suggereer verder dat vlakke van verbruikersbewustheid verander het sedert 1992, volgens gebied. Hierdie veranderinge impliseer 'n behoefte om verbruikersopvoeding in die HOP in te sluit, sou die regering vlakke van verbruikersbewustheid in die land wil verhoog.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4147Total article views: 3779