Original Research
Totale welstand: 'n Nuwe dimensie in die beheer van gesondheidsorg-,werkersafwesigheids- en personeelomsetkostes
Submitted: 24 June 1997 | Published: 24 June 1997
About the author(s)
L. I. Dreyer,, South AfricaG. L. Strydom,, South Africa
S. van der Merwe,, South Africa
Full Text:
PDF (5MB)Abstract
Opsomming
Die doel van die studie is eerstens om te bepaal wat presies bedoel word met die konsep totale welstand. Tweedens om te bepaal wat die rasionaal van totale welstand as gesondheidsbevorderingstrategie is en derdens om die koste voordele van ondernemingsgefundeerde totale welstandsprogramme te bestudeer. Die resultate van die studie dui daarop dat totale welstand 'n veel wyer/breër konsep is as die blote behandeling of voorkoming van siektes. Die doel van totale welstandsprogramme blyk te wees om die individu op 'n selfontwikkelingspad na die bereiking van optimale persoonlike potensiaal binne al die dimensies van gesondheid te plaas. Die konsep berus op die rasionaal dat gedrag komplekse interaksies met verskeie sosio-psigologiese/ omgewings- en biologiese faktore vertoon. Betreffende die kostevoordele van suike programme vir die onderneming blyk dit dat gesondheidsbevorderingsprogramme op 'n kostevoordelige wyse aangebied kan word.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4320Total article views: 3236