Original Research
Die verband tussen tydoriëntasie en transformasionele leierskap
Submitted: 24 June 1997 | Published: 24 June 1997
About the author(s)
C. F. Guest, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaJ. M. Schepers, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (5MB)Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie was om die verband tussen tydoriëntasie as basiese aanpassingsmeganisme en transformasionele leierskap te bepaal. 'n Aangepaste normatiewe weergawe van die R-A Tydoriëntasievraelys (Augustyn, 1978) en die Transformasionele Leierskapsvraelys van Sashkin en Rosenbach (1995) is op 171 proefpersone toegepas. Albei vraelyste is statisties deur faktor- en itemontleding ontleed. Deur bondelontleding is die individue op grond van hul tellings ten opsigte van tydoriëntasie gegroepeer. Die resultate bevestig dat daar statisties beduidende verskille in transformasionele leierskap tussen individue bestaan, wat in verskillende bondels ten opsigte van tydoriëntasiestyle ingedeel kan word. Individue met hoë tellings op die sistematiese en skeppend-evaluerende tydoriëntasiestyle het statisties beduidende vlakke van transformasionele leierskapseienskappe getoon.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4023Total article views: 3051