Original Research
Cognitive style and the interpretation of organisational change
Submitted: 25 June 1998 | Published: 25 June 1998
About the author(s)
J. Swart, Rand Afrikaans University, South AfricaL. J. van Vuuren, Rand Afrikaans University, South Africa
Full Text:
PDF (8MB)Abstract
Opsomming
Die vermoe van individue om verandering te interpreteer, kan as kriterium vir suksesvolle organisasie verandering beskou word. Op grond hiervan is die invloed van 'n spesifieke intra-individuele veranderlike, naamlik kognitiewe styl (veldafhanklikheid en -onafhanklikheid) op die sensitiwiteit vir die identifisering van veranderingsbehoeftes, ondersoek. Vir hierdie doel is die Organisasie Verandering Interpretasieskaal (OVIS) gekonstrueer. Die OVIS is in samehang met die Versteekte Figure Toets as meting van veldonafhanklikheid, en die Veldafhanklikheidsvraelys as meting van veldafhanklikheid, op 307 bestuurders in 14 industriee geadministreer. Daar is bevind dat die kognitiewe herstruktureringsproses, soos gemeet deur die Versteekte Figure Toets, 72% van die variansie in die interpretasie van verandering, soos gemeet deur die OVIS, verklaar. Die afleiding word gemaak dat die OVIS onder andere nuttig as keuringsinstrument ter identifisering van veranderingsagente gebruik kan word.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3608Total article views: 2595