Original Research
Career development of SA professional women who take career breaks
Submitted: 26 June 2000 | Published: 26 June 2000
About the author(s)
H. M. Geber, University of the Witwatersrand, South AfricaFull Text:
PDF (6MB)Abstract
Opsomming
In hierdie artikel word die bevindinge van'n studie gerapporteer wat gehandel het oor n groep professionele Suid-Afrikaanse vroue se loopbaanontwikkeling en hulle terugkeer na die beroepswereld na n werksonderbreking weens die geboortes van hulle kinders. Die vroue se beroepe het oor n wye reeks tradisionele en nie-tradisionele werke gestrek. Die studie het spesifiek gekonsentreer op die patroon van loopbaanonderbreking, die aktiwiteite tydens die onderbreking, asook die terugkeer na die werkplek. Die bevindinge dui daarop dat professionele vroue daartoe geneig is om hulle akademiese en professionele kwalifikasies tydens hulle werksonderbreking te verbeter en dat hulle eintlik met n tweede loopbaan begin na die hervatting van hulle werks aktiwiteite. Faktore soos huistaal, ouderdom ten tye van die geboorte van die eerste kind en self-geemplojeerdheid, is van die belangrikste determinante in die bepaling of professionele vroue weer na die beroepswereld sal terugkeer. Die menslike hulpbronbestuursimplikasies van die bevindinge word ook in die artikel uitgewys.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3926Total article views: 3666