Original Research
The relationship between emotional intelligence and job performance in a call centre environment
Submitted: 26 October 2004 | Published: 26 October 2004
About the author(s)
H. Nel, University of Stellenbosch, South AfricaW. S. De Villiers, University of Stellenbosch, South Africa
Full Text:
PDF (120KB)Abstract
Opsomming
Die doelstelling van hierdie studie was om te bepaal of daar ’n verband tussen emosionele intelligensie en werkprestasie in ’n oproepsentrum-omgewing bestaan. Die steekproef is saamgestel uit 135 oproepsentrum-agente van ’n lewensversekeringsmaatskappy wat in kliëntediens, verkoops- en administratiewe omgewings werksaam is. Die "Emotional Competency Inventory" wat voltooi is deur spanleiers, is as meetinstrument gebruik en ’n algehele werkprestasietelling vir elke deelnemer is deur die deelnemende organisasie verskaf. Resultate toon ’n statisties beduidende en positiewe korrelasie tussen emosionele intelligensie en werkprestasie in oproepsentrums. Die saamgestelde skaal van selfbestuur en die emosionele bevoegdheid selfvertroue toon die sterkste korrelasie met prestasie in die hele oproepsentrumomgewing. Verder is bevind dat die kombinasie van die emosionele bevoegdhede emosionele selfbewussyn, vertrouenswaardigheid, selfvertroue en invloed die meeste variansie in werksprestasie binne die hele oproepsentrumomgewing verklaar.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5649Total article views: 11126