Original Research
Die verband tussen prestasiemotivering en prestasie aan 'n bestuursbeoordelingsentrum
Submitted: 29 November 1983 | Published: 29 November 1983
About the author(s)
L. Stroebel, Suid-Afrikaanse Vervoerdienste, South AfricaI. van W Raubenheimer, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (44KB)Abstract
Opsomming
'n Oorsig van die literatuur dui daarop dat die tradisionele keuringsmetodes, dit is psigometriese voorspellers, tot datum nie baie suksesvol was in die identifisering van toekomstige leiers nie. Die takseersentrum is 'n tegniek wat in resente jare wêreldwyd as alternatiewe metode aangewend is. Alhoewel dit wetenskaplik verantwoordbaar is, is dit tyd- en koste intensief. In 'n soeke na 'n vorm van preseleksie word die hipotese gestel dat daar 'n beduidende positiewe verband tussen prestasiemotivering en prestasie aan 'n takseersentrum bestaan. 'n Beduidende korrelasie (p < ,01) word gerapporteer tussen prestasiemotivering en deursettingsvermoë en beplanning en organisering. Resultate dui ook op 'n beduidende korrelasie tussen die somtotaal van beoordelingsdimensies en prestasiemotivering.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3435Total article views: 2407