Original Research
Die effek van intelligensie op die verhouding tussen lokus van kontrole en taakkompleksiteit
Submitted: 20 June 1995 | Published: 20 June 1995
About the author(s)
F. G. de Kock, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaG. Roodt, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (4MB)Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om die effek van intelligensie op die verhouding tussen lokus van kontrole en taak-kompleksiteit te ondersoek. Hierdie konstrukte is gekies na aanleiding van hulle belangrikheid in die literatuur asook die leemte in empiric se navorsing rakende die veronderstelde verband wat tussen hulle bestaan. Die Algemene Skolastiese Aanlegtoets (ASAT) van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) is gebruik vir die meting van intelligensie, die Internal Control Index (ICI) van Duttweiler is gebruik vir die meting van lokus van kontrole en die Advanced Progressive Matrices (APM) van Raven is gebruik as maatstaf vir die bantering van taakkompleksiteit. Die genoemde meetinstrumente is op 292 proefpersone toegepas om te bepaal of die verband tussen lokus van kontrole en taakkompleksiteit geaffekteer word wanneer daar vir die effek van intelligensie gekontroleer is. Die resultate toon 'n statistics betekenisvolle verband tussen lokus van kontrole en taakkompleksiteit, hoewel die verband onbeduidend was nadat die effek van intelligensie beheer is.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4076Total article views: 3081