Original Research
Career salience and work outcomes: A comparison of managerial and clerical employees
Submitted: 24 June 1997 | Published: 24 June 1997
About the author(s)
G. J. Lock, University of the Witwatersrand, Johannesburg, South AfricaK. Ortlepp, University of the Witwatersrand, Johannesburg, South Africa
Full Text:
PDF (3MB)Abstract
Opsomming
Die navorsing neem die verband tussen loopbaanmarkantheid en werksbevrediging, toewyding aan die organisasie, en psigologiese welstand in oënskou. Verskille in hierdie verhoudings tussen bestuur en klerklike personeel word vervolgens ondersoek. Selfrapporteringsdata is ingesamel van 86 boekhouers by die hoofkantoor van 'n vooraanstaande kleinhandelaar in Johannesburg. Pearson produk-moment korrelasies, t-toetse en z-transformasies is bereken. Die resultate het aangedui dat daar 'n beduidende positiewe verband is tussen loopbaanmarkantheid, aan die een kant, en sowel werksbevrediging as toewyding aan die organisasie aan die ander kant. Daar is verder gevind dat resultaat bemvloed word deur die hierargiese vlak waarop mense werk. Psigologiese welstand het byvoorbeeld net in die geval van bestuurders 'n beduidende korrelasie met loopbaanmarkantheid getoon.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4018Total article views: 3021