Original Research
Spearman se G en die faktorstrukture van die senior aanlegtoetse en die algemene skolastiese aanlegtoets
Submitted: 24 June 1997 | Published: 24 June 1997
About the author(s)
G. P. De Bruin, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaFull Text:
PDF (4MB)Abstract
Opsomming
Tellings van 1507 universiteitstudente op die ses subtoetse van die ASAT en nege subtoetse van die SAT, is gesamentlik aan 'n bevestigende faktorontleding onderwerp. Hierdie prosedure is gevolg om ondersoek in te stel na (a) die mate waartoe 'n algemene faktor (Spearman se g) die tellings op die twee batterye toetse onderskeidelik onderle, en (b) wat die verwantskap tussen die twee algemene faktore sou wees. Ten opsigte van die ASAT is dit duidelik dat slegs een faktor tellings op al ses subtoetse verklaar. Ten opsigte van die SAT kon drie groepsfaktore onderskei word/ naamlik Verbale Vermoe, Visueel-Ruimtelike Vermoe en Numeriese Vermoe. Die korrelasies tussen die drie groepsfaktore was egter so hoog dat dit duidelik is dat daar 'n algemene faktor onderliggend is aan die nege subtoetse. Die algemene faktore wat die SAT en ASAT subtoetse onderskeidelik onderle, het ook 'n beduidende verband met mekaar getoon. In die lig van getuienis wat daarop dui dat algemene verstandelike vermoe die beste enkele voorspeller van kriteria soos akademiese sukses en werksprestasie is, word die gebruik van die ASAT vir keuringsdoeleindes aanbeveel.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5044Total article views: 3751