Original Research
Voorspelling van die akademiese sukses van eerstejaarstudente
Submitted: 24 June 1998 | Published: 24 June 1998
About the author(s)
M. M. Rademeyer, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaJ. M. Schepers, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (6MB)Abstract
Opsomming
Die onlangse samesmelting van die onderskeie streeksonderwysstelsels in Suid-Afrika en die gevolglike herstrukturering van die onderwys, het sy eie kwota probleme opgelewer wat 'n negatiewe impak op matriekeksaminering gehad het. Teen hierdie agtergrond het die huidige studie gepoog om 'n geldige alternatief vir matriekpunte as voorspeller van akademiese prestasie te vind. Meervoudige regressie-ontledings asook kanoniese diskriminantontledings is op die datastel uitgevoer ten einde 'n omvattende model daar te stel waarmee die akademiese prcstasie van studente voorspel kan word, en wat as plaasvervanger vir matriekpunte kan dien. regressie- ontledings vir die drie grootste fakulteite is gedoen met die gemiddelde eksamenpunt as kriterium. Meervoudige korrelasies van 0,59, 0,56 en 0,52 is verkry. Diskriminantontledings is vir elke fakulteit teenoor 'n promosiekriterium (promoveer/nie-promo-veer) uitgevoer. Volgens die resultate van die diskriminantontledings het die persentasie korrekte klassifikasies gewissel van 62,7% tot 81,1%.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3933Total article views: 3391