Original Research
Die voorspelling van akademiese prestasie na die eerste universiteitsjaar
Submitted: 24 June 1998 | Published: 24 June 1998
About the author(s)
G. K. Huysamen, Universiteit van die Vrystaat, South AfricaFull Text:
PDF (5MB)Abstract
Opsomming
In ooreenstemming met bevindings elders, het die korrelasies van hoërskoolprestasie (Sweedse Formulepunt) en verbale en nie-verbale ASAT-tellings met die gemiddelde persentasiepunte (GPP's) geleidelik van die eerste tot die sesde semester op Universiteit afgeneem, terwyl die afname in die ooreenstemmende korrelasies met die kumulatiewe gemiddelde persentasiepunte (KGP's) minder opvallend was. Hoe later die semester waarvan die GGP of KGP as voorspeller gebruik is, hoe hoër was dit geneig om met die GGP's van die daaropvolgende semesters te korreleer, maar die korrelasies het: eweneens met die toename in laasgenoemde semesters in grootte afgeneem. Die beste voorspeller van die GPP van enige gegewe semester was of die GPP van die pas afgelope semester, of die KGP van al die voorafgaande semesters.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3441Total article views: 2945