Original Research
Instemmingsgeneigdheid en verskillende item- en responsformate in 'n gesommeerde selfbeoordelingskaal
Submitted: 25 June 1998 | Published: 25 June 1998
About the author(s)
Nadene Hanekom, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaDelene Visser, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (7MB)Abstract
Opsomming
Hierdie ondersoek is uitgevoer om te bepaal of die mate van instemmingsgeneigdheid deur die item- en responsformaat van 'n gesommeerde selfbeoordelingskaal beinvloed word. Daar word dikwels aanbeveel dat die gebruik van positief- sowel as negatiefbewoorde items in 'n vraelys instemmingsgeneigdheid beperk. Suike items word gewoonlik in die tradisionele Likertformaat as stellings geformuleer. Die doel van die ondersoek was om te bepaal of items in vraagformaat minder instemmingsgeneigdheid as die stellingformaat tot gevolg het. Die responsformaat is ook gevarieer (vyf- en sewepunt opsies) om te bepaal of die betroubaarheid en graad van instemmingsgeneigdheid daardeur beinvloed word. 'n Twintigitem Lokus van Beheer (LvB) vraelys is vir hierdie doel gebruik, maar vir eike item is "n inverse gekonstrueer, sodat die uiteindelike vraelys uit 40 items bestaan het. Die steekproef wat ewekansig in twee groepe verdeel is, was tweedejaarstudente wat elk vier weergawes van die vraelys asook "n verkorte weergawe van Bass se mstemrningsgeneigdheidsvraelys moes voltooi. Die LvB-weergawes was vrae of stellings wat elk met 'n vyf- of sewepuntresponsformaat gekombineer is. Gedeeltelike teenbalansering is toegepas deur twee toetsgeleenthede waarin die vraelys aan die onderskeie groepe in die teenoorgestelde volgorde geadministreer is, te gebruik. Die teenwoordigheid van instemmingsgeneigdheid is bepaal deur die items met hul inverses te korreleer, asook om eike vraelys met die instemmmgsgeneigdheidsvraelys te korreleer. Geen noemenswaardige verskille is tussen die verskillende item- en responsformaat, met betrekking tot instemmingsgeneigdheid, gevind nie.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3406Total article views: 2264