Original Research
Die verband tussen waargenome leierskap en die vlak van outonomie binne spanverband
Submitted: 24 October 2003 | Published: 24 October 2003
About the author(s)
A. Van der Heyde, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaGert Roodt, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (147KB)Abstract
Opsomming
Leierskap en selfgerigte spanfunksionering bly kontemporêre temas in die bedryfsmilieu, wat oënskynlik organisasiesukses wesenlik kan beïnvloed. Die doel van hierdie studie was om die waargenome verband tussen leierskap en die vlak van outonomie binne spanverband te bepaal. Tweehondered-en-dertig (N=230) individue, gegroepeer in 56 spanne vanuit vier Suid-Afrikaanse maatksappye het aan die studie deelgeneem. ‘n Meting van sowel die bogeskikte se leierskapstyl en die vlak van outonomie binne spanverband is verkry. Afgesien van bruikbare inligting rondom veral die leierskapdata in vergelyking met internasionale navorsing, het die studie ‘n beduidende verband tussen leierskapstyl en outonomie binne spanverband uitgewys.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3824Total article views: 5940