Original Research
Persoonlikheidstrekke as voorspellers vir ontvanklikheid vir verandering by bestuurders
Submitted: 25 June 1999 | Published: 25 June 1999
About the author(s)
P. J. L. Kleynhans, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaC. Schmidt, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
J. M. Schepers, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (7MB)Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om vas te stel of bestuurders se ontvanklikheid vir verandering voorspel kan word aan die hand van persoonlikheidstrekke. 'n Steekproef van 115 bestuurders het aan die ondersoek deelgeneem. Op grond van die multi-dimensionele karakter van die konstruk gereedheid vir verandering, is die voorspelbaarheid van ontvanklikheid vir verandering geanaliseer aan die hand van 'n kanoniese korrelasie waar meer as een afhanklike veranderlike meting (kriterium) by die studie ingesluit is, te wete die ontvanklikheid vir verandering soos gemeet deur die Kaliforniese Psigologiese Inventaris (KPI), die Reaksie op Verandering Skaal (ROV) en die Persepsie Van OrganisasieVerandering Skaal (POV). Die skale van die Jung Persoonlikheidsvraelys (JPV) en 'n Lokus van Beheer- vraelys het gedien as voorspellers in die studie. Die resultate dui aan dat ontvanklikheid vir verandering wel voorspel kan word aan die hand van persoonlikheidsanalises.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3979Total article views: 2279