Original Research
Itemformaat, differensiële itemskeefheid en die faktorstruktuur van 'n selfvoltooïngsvraelys
Submitted: 25 June 1999 | Published: 25 June 1999
About the author(s)
C. Swart, RAU University, South AfricaG. Roodt, RAU University, South Africa
J. M. Schepers, RAU University, South Africa
Full Text:
PDF (7MB)Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie was tweeledig: Eerstens is 'n bestaande Werkwaardesvraelys teenoor kriteria vir toetskonstruksie geevalueer; en tweedens is die rol van differensiele itemskeefheid in die groepering van tweedeordefaktore van hierdie Werkwaardesvraelys empiries ondersoek. Die bestaande datastel van die Werkwaardesvraelys se 110 items, op 'n ewekansige steekproef van 8000 respondente in 'n finansiele instelling, is vir die empiriese ontleding gebruik. 'n Eerste- en tweedeordefaktorontleding is ten opsigte van die items van 2099 voltooide vraelyste uitgevoer en drie duidelik gedifferensieerde tweedeordefaktore met öenskynlike, aanneemlike interne konstanthede het na vore gekom. Resultate dui daarop dat items van die eerste tweedeordefaktor gegroepeer het op grond van differensiële skeefheid. Die items van die tweede en derde skaal was minder skeef en kon vertolk word.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3600Total article views: 2620